Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER  – LICHTENBURG - Dis Mandelamaand en NWK het dit die afgelope week gevier deur 500 pare splinternuwe skoolskoene aan behoeftige leerlinge te skenk as deel van sy jaarlikse Skoolskoenprojek.
Die maatskappy het op Vrydag, 12 Julie besoek afgelê by Laerskool Vlakpan naby Lichtenburg asook Morweng Primary School waar daar 250 pare skoolskoene, mussies, kouse, skoenpolitoer en -borsels, asook seilsakkies aan leerlinge uitgedeel is.

Dit was hartroerend om te sien hoe stukkend van die kinders se skoentjies is. “Die armoede van hierdie kinders en hul gesinne is inderdaad erg. Ons sien daagliks leerlinge wat sonder ordentlike skoene en selfs die basiese noodsaaklikhede skool toe kom. Hulle kan nie leer nie, al wil hulle.  Daarom beteken ʼn skenking van hierdie omvang geweldig baie,” het Joseph Semela (hoof) gesê.
Ook Goitsemang Mapete, departementele hoof van Morweng Primary School, het haar waardering vir die skenking namens die skool uitgespreek. 
Die afgelope Dinsdag het NWK ook 250 pakkies aan leerlinge by twee skole in die Coligny-omgewing uitgedeel. Monamaladi Primary School is in 1896 deur sendelinge op die been gebring. Die skoolhoof, Koba Choabi, was verheug oor die skenking. “Dit beteken baie vir die skool, asook die kinders en hul ouers. Dit sal die leerlinge aanmoedig om elke dag skool toe te kom en hulle prestasie te verbeter,” het sy gesê.
Coligny Special School wat leerlinge met matige leergestremdhede spesiale vaardighede leer, was ook een van vanjaar se begunstigdes. “Van hierdie kinders het baie moeilike huislike omstandighede en is selfs mishandel. Hulle benodig enige ondersteuning wat hulle kan kry en ons is daarom baie dankbaar vir hierdie skenking,” het die skoolhoof, Dinah Sedumedi gesê. 
“Onderrig is die hoeksteun van enige gemeenskap en dit is NWK se voorreg om met skole hande te kan vat in die belangrike taak wat hulle het,” het Benedict Modise, direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK gesê. Die waarde van vanjaar se skenking is sowat R263 000.
“NWK is deel van die gemeenskap en steun swaar op waardes soos klantgerigtheid en medeverantwoordelikheid in ons gemeenskap en is daarom besorg oor lede van hierdie gemeenskap se welstand.”
Die skole wat skenkings ontvang word geïdentifiseer in samewerking met Noordwes se Onderwysdepartement asook Samuel Nkone, voormalige areabestuurder van Ditsobotla by die departement.