Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – GROOTPAN - Grootpan VLU se vergadering is gehou op 29 Junie aan huis van Marijke Swart. 
Die vergadering het die vorm van ‘n braai aangeneem met Marijke as die  gasvrou. Die tema van die dag was: “Word geplant deur God self.”

Marijke het die dag interessant gemaak en meer vertel oor Noordwes VLU se bome van die jaar. Een van dié bome, die kareeboom, is immergroen, gehard en droogtebestand. 
Die bergkaree is immergroen, semi-gehard daar kan boonop bier gestook word van die bessies!. 
Die witpeerboom dra wit blommetjies wat soos vars kokosneut ruik. 
Om by die tema “Landbou” te pas, het elke dame ook ‘n botterskorsie as geskenk ontvang. 
Volgende, is ‘n vasvra gehou wat almal se algemene kennis getoets het en waaruit elkeen iets kon leer.
Baie dankie vir almal wat teenwoordig was. 
Die volgende vergadering vind plaas op 10 Augustus.  
Vir meer inligting skakel Azel op 0833024722.