NOORDWESTER – MAREETSANE - Die lede van Mareetsane VLU het aan die begin van Desember 2023 hulle jaarafsluiting gehad.
Die dag is afgeskop met vlakoek en tee by ‘n Teetuin te Sannieshof. Die dames is getrakteer met pragtige fluitspel deur Adri Schutte.
Daarna het almal besoek afgelê by ‘n gallery en tuin.
Wenke vir skoliere
1. Doelwitte- Dit is belangrik om realisties te wees in die doelwitte wat jy vir jouself en ander stel. Moenie die kognitiewe en emosionele las wat akademiese werk kan meebring, veral in uitdagende tye, onderskat nie. Konsentrasieprobleme, lae motivering en ‘n toestand van afleiding kan verwag word. Aanpassing sal tyd neem. Wees sag met jouself.
2. Bestuur jou stres- Prioritiseer jou slaap, maak seker jy slaap genoeg. Eet gesond en oefen gereeld.
Die rooi rok, die mooi rok
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Ouma Ina Brand (74) kan amper soos Cinderella se ‘Fairy Godmother’ toor.
Sy het net so bietjie meer as ‘n towerstaffie nodig… papier, potlood, skêr, lap, garing en ‘n naaimasjien. Voeg daarby ‘n goeie skeut liefde en geduld en siedaar – ‘n sprokiesrok.
Die meeste rokke begin met ‘n rol papier en dit is waar die Noordwesterspan ouma Ina leer ken. So is ouma se papierrol gedaan en haar plan: “Neem my na julle plaaslike koerant – dis waar ons gaan regkom.” Hulle is huis toe met ‘n rolletjie koerantpapier om vinnig drie nuwe rokke en nog baie meer in die volgende 15 jaar te maak.
Padveiligheidswenke vir bejaarde bestuurders
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die vermoë om te bestuur gaan nie net daaroor om van punt A na punt B te gaan nie; dit gaan oor onafhanklikheid en vryheid.
Vir baie bejaarde bestuurders is dit ‘n manier om aktief deel van die wêreld te bly. Vir senior burgers is die doel om te bestuur om hul veiligheid en welstand te verseker, maar ook die veiligheid van mede-motoriste.
In Suid-Afrika is daar geen spesifieke ouderdomsperk vir bestuur nie. Soos ons ouer word, is veranderinge in reaksietye en visie egter natuurlik. Rybewyse moet elke vyf jaar hernu word, en dit sluit ‘n oogtoets in om te verseker dat jou vermoëns agter die stuur in lyn is met veiligheidstandaarde.
Versorg jou beste vriend
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Verseker jou troeteldier is versorg die feesseisoen.
Met die einde van die jaar wat vinnig nader kom, maak mense gereed vir die vakansieseisoen. Dit is belangrik om behoorlik te beplan vir die welsyn van jou dier, of jy nou tuis bly, reis of tyd weg van jou troeteldier deurbring. Ons kyk spesifiek na honde.
• Moet nooit jou hond in ‘n geparkeerde motor agterlaat nie, nie eers vir ‘n oomblik nie! Nie eens met die motor wat loop en lugversorger aan nie. Op ‘n warm dag kan die temperatuur in ‘n voertuig vinnig tot gevaarlike vlakke styg, in letterlik sekondes.