NOORDWESTER – BUHRMANSDRIF - Die eerste van sy soort in Noord-Wes. Watter wonderlike geleentheid is dit nie. Aan die Brand ministery hou ‘n interkerklike Kuns, Krag en Gospelfees van 8:30 tot 17:00 op Saterdag 27 April.
Hierdie geleentheid is om die gemeenskap te laat deel in die Evangelie van Christus op ‘n lewendige en spontane manier. Die wins gaan direk na Burhrmansdrif Laerskool se “Oop Harte” projek.
Die sprekers is die alombekende Rooies Strauss. Op sy eerlike en reguit manier deel hy op ‘n wonderlike wyse die werke van God in sy lewe. Sy seun, Andrus Strauss is ook ‘n spreker en gospelsanger.
'n Reus in veterinêre gesondheid op 75 oorlede
NOORDWESTER - PRETORIA - 'n Baie bekende persoonlikheid in veterinêre kringe - dr Jan du Preez - is baie onlangs in die ouderdom van 75 jaar in Pretoria oorlede. Wyle dr Du Preez se persoonlike assistent oor baie jare heen - Adel Spies - het hierdie huldeblyk saamgestel.
Adele skryf: "Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om 'n huldeblyk aan dr Jan Hendrik du Preez te bring vir sy buitengewone bydraes tot die veld van veterinêre wetenskap, veral op die gebied van volksgesondheid, soönoses en die suiwelindustrie. Dr Jan het nie net met passie en trots Afrikaans omhels nie, maar ook met 'n onverskrokke toewyding aan wetenskaplike navorsing. Met trots kan ek verwys na sy indrukwekkende prestasies, insluitend sy registrasie as 'n lid van die "Royal College of Veterinary Surgeons" in Groot-Brittanje in 1972. Dr Jan het 'n MMedVet(Hyg)-graad verwerf en geregistreer as 'n Veterinêre Spesialis Volksgesondheid, met belangrike navorsingsbydraes soos "Die Aard en Betekenis van Anaërobe Bakterieë in die Melkkoei-Uier."
Ride-4-A-Child
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Dr. André Hattingh en sy span doen weer hier in Lichtenburg aan op 14 Februarie tussen 10 uur en 11 uur by die Kosterpad uitgang vulstasie. Kom ontmoet hom en sy span. Donasies is baie welkom, hulle doen ongelooflike werk..
Poging om wêreld rekord te verbeter.
Pediatriese sorg Afrika het die biker-gemeenskap nodig om met die Vyfde Ride – 4- A – Child ‘n wêreld rekord te op te stel.
CVO-skool Lichtenburg presteer
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys het tydens ‘n Glansgeleentheid op Saterdagaand 20 Januarie erkenning gegee aan CVO-skole se Graad 12-presteerders.
Grootpan vier 2024
NOORDWESTER – GROOTPAN - Grootpan VLU se eerste vergadering vir 2024 is gehou op 13 Januarie by die NWK Grootpan Boeresaal met gasvrou, Azel Blignaut.
Azel verwelkom almal en open uit Lukas 4:18-19. Net soos skoenlappers met ‘n “son-kompas” vlieg het ons Christene die Heilige Gees om ons rigting te bepaal.
Azel vertel ons meer van die skrywer en skilder, Rudie van Rensburg. Hy is bekend vir sy Hans-reeks en het al verskeie toekennings ontvang vir sy boeke.