NOORDWESTER - LICHTENBURG – Bloubessies is die Noordwes VLU vrug van die jaar. Op 25 Oktober 2023 het gasvrou Marié Joubert die vroue van Grootpan VLU op ‘n baie leersame uitstappie geneem na ‘n bloubessieplaas.
Terwyl ons heerlik gesmul het aan die bessies vertel Sulise Kruger ons meer van die plaas wat in 2017 begin is en die bessieboorde wat 40 Ha beslaan.
“Bosom Buddy”
NOORDWESTER – COLIGNY - Vrouens het byeengekom by Coligny biblioteek vir Borskankermaand en die inhandiging van die Kankersakkies vir 2023.
Tydens die “Bosom Buddy” byeenkoms het die dames lekker gekuier. Henriët van Loggerenberg, die organiseerder van die Kankersakkies kon ook verduidelik hoe dit vesprei word en vir wie dit gegee word.
AfriForum se Lichtenburg-tak pak slaggate in verskeie strate
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Daar is meer as baie, baie slaggate minder te danke aan die AfriForum-tak in dié dorp.
Die tak het in September en Oktober sowat 190 m2 se padoppervlak met 14 ton teer herstel in Republiekstraat, 10 ton teer gebruik om slaggate in Carolstraat, naby Hoërskool Lichtenburg te herstel. Slaggate op die kruising van Le Rouxweg en Breëstraat gevul. Dit het 7 ton teer gevat.
Lichtvoetslaanklub
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lichtvoetslaanklub het die eerste week in Oktober die Nigramoep vier-dag staproete anderkant Springbok in die Kalahari gaan stap.
Dit was ‘n baie mooi en nogal moeilike staproete - ‘n Visrivier Canyon in sy kleine.
Zoetmelksvlei VLU neem afskeid van geliefde lid
NOORDWESTER – ZOETMELKSVLEI - Vir baie jare het Alda van der Walt in die gemeenskap van Lichtenburg, en veral by die Vrouelandbou-unie, diep spore getrap. Sy was vir meer as 40 jaar ‘n lid van die VLU, waarvan 21 jaar as voorsitster van die Zoetmelksvleitak. Alda het deur die jare baie toekennings ontvang vir VLU-kompetisies waaraan sy deelgeneem het. Sy is baie veelsydig en het uitgeblink in onder andere handwerk, bak en kuns. Sy het verskeie kere die tak se toekenning vir ‘lid van die jaar’ ontvang. Sy het ook deur die jare haar man, Paul van der Walt, wat self vir baie jare ‘n leierskapsrol in die plaaslike boeregemeenskap vervul het, ondersteun in sy werk.