Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Geskiedenis is die afgelope naweek gemaak en Liggies van toeka, nou en in die toekoms kan seëvier in die wete dat hul alumni-noemnaam nou amptelik deel is van die Afrikaanse taal.
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se sertifikaat van erkenning van die woord “Liggies” as naam vir alumni van die skool is Saterdag as geskenk aan die hoof, Marthinus Stoop, oorhandig tydens die 40ste reünie van die skool se 1985 matrieks. “Vir die eerste keer in die geskiedenis is daar ‘n woord in die WAT geallokeer aan ‘n skool. “Liggies” se vierde betekenis in die WAT sê: “Liggies. Alumni van Hoërskool Lichtenburg”.

Vanjaar is die Afrikaanse taal 100 jaar oud en ons by Hoërskool Lichtenburg vier dit met dié ongelooflike geskenk,” het Stoop gesê. Oud-skoolhoof Fanus Booysen het die geskenk as “absoluut uniek” beskryf. Die sertifikaat sal trots in die skool se voorportaal pryk vir besigtiging. 1985 Liggie-hoofseun, Pieter Mathews, het ook tydens die geleentheid die groep se gemeenskaplike sentiment verwoord deur na Hoërskool Lichtenburg te verwys as ‘n “eiland van uitnemendheid” want midde die hartseer verval van ‘n eens pragtige dorp, word die stryd steeds gestry om ‘n wêreldklas-opvoeding aan alle leerlinge te bied.  Die ‘85 Liggies en van hul oud-onderwysers het ‘n besonderse 40ste reünie by die skool gevier en die program het onder meer ‘n nostalgiese toer deur die skool ingesluit asook ‘n “Afrikaanse Letterkundeklas” deur die welbekende Mariana Dippenaar, wat nog steeds ondeunde “seuns” tot stilswye kon dwing met haar voorlesings; en veral Jan Rabie se “Drie kaalkoppe eet tesame” het vier dekades later ‘n nuutgevonde, diepsinnige betekenis gekry – ‘n ernstige boodskap van die tye waarin ons leef en ‘n welverdiende afskop van die skool se Afrikaans 100-feesvieringe.