Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-tak in Lichtenburg het gedurende Julie 2024 verskeie suksesvolle slaggatprojekte voltooi danksy die hulp en skenkings vanuit die gemeenskap. 
Altesaam 21,3 ton teer is gebruik om slaggate in Lichtenburg te herstel. Hierdie is ’n bewys van die gemeenskap se onwrikbare toewyding tot padveiligheid.
In Tweedelaan is 110 slaggate met 138 sakke teer en een drom SS 60-bitumen herstel. In Mathewstraat is 42 slaggate herstel met drie sakke sement, 40 sakke teer en 50 liter SS 60-bitumen. 

Op die hoek van Agtstelaan en Derdestraat is die kruising na drie jaar herstel. Hiér is 12 sakke sement gebruik om diep gate gelyk op te vul. Daarna is die hele kruising (301 m2) met 10 ton warm teer en een drom SS 60-bitumen geteer. Hierdie kon gedoen word danksy ‘n reuseskenking. 
In Kerkstraat is ’n sloot wat vir ’n kragkabel gegrawe is met 15 sakke teer herstel. In Transvaalstraat is 65 slaggate herstel met 100 sakke teer en ’n half drom SS 60-bitumen. Twee ton warm teer is gebruik om die Dada-Sentrum se in- en uitgang in Kerkstraat te teer. 56 slaggate in Transvaalstraat kon herstel word. Dié gate is met ses sakke sement opgevul waarna twee ton warm teer en ’n halwe drom SS 60-bitumen gebruik is. 
“Julie was AfriForum se nasionale slaggatmaand waartydens die burgerregteorganisasie landwyd soveel as moontlik slaggate herstel het. Die doel van hierdie projek is om ’n onmiddellike impak te maak aan ’n dorp se padinfrastruktuur. Beter paaie veroorsaak minder ongelukke en verseker dat nooddienste vinniger by hul bestemmings kan aankom,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
AfriForum se Lichtenburg-tak bedank elke skenker, inwoner, donateur en hulpverlenende wat die sukses van die werk wat gedoen word ondersteun. Plaaslike ondernemings en gemeenskapslede word aangemoedig om deur middel van teerskenkings by die Lichtenburg-tak se slaggatprojek betrokke te raak en terselfdertyd spesifieke strate vir herstelwerk te nomineer. Kontak Pine Pienaar op 082 371 5312 of Jan Buscop op 082 00 8075 vir verdere navrae oor die Lichtenburg-teerprojek of om betrokke te raak.