Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die VF Plus in Lichtenburg eis dat die nasionale owerhede dringend stappe neem om die plaaslike waterinfrastruktuur teen misdadigers te beskerm. 
Watervoorsiening aan inwoners word jare reeds gereeld vir dae aaneen onderbreek weens diefstal by onder meer waterpompe wat die dorp van boorgatwater voorsien.
Die misdadigers teiken ook plaaslike kragsubstasies en kabelnetwerke wat die werkende pompe van krag verskaf.

Die reeds sukkelende Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit kan nie voorbly met herstelwerk nie. Van die beveiliging van munisipale infrastruktuur is daar egter geen sprake nie. 
Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit wat verantwoordelik is vir ʼn groot deel van die waterinfrastruktuur in die gebied, kon tot dusver ook nie met oplossings vorendag kom nie.
Dit kan nie toegelaat word dat die inwoners van Lichtenburg en omliggende streke langer uitgelewer word aan die verval in dienslewering weens die voortslepende misdaadvlaag in die gebied nie.
Dit is daarom belangrik dat ʼn multidissiplinêre ingryping van die nasionale owerheid bestaande uit die polisie, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die munisipale infrastruktuur-ondersteuningsagentskap (MISA) ingryp om die orde te herstel.
Die VF Plus op provinsiale (Noordwes) en nasionale vlak is reeds in die proses om gesprek met die betrokke owerhede te voer om só ʼn ingryping te fasiliteer. Navrae 082 577 3944.