Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburgbuurtwag het in die vroeë oggendure van Saterdag, 11 Mei, twee verdagtes aangekeer wat verbind is met ’n roof met ’n panga in dié dorp vroeër dieselfde aand. 
Buurtwaglede het teen omstreeks 02:00 gereageer op ’n noodoproep van ’n inwoner wat twee verdagtes op die hoek van Tweedelaan en Kerkstraat opgemerk het. Die buurtwaglede het hul na die toneel gehaas waar die een verdagte gewapen met ’n panga aangetref is. Tydens ondervraging het die verdagte dit laat blyk dat hy dié wapen vir selfverdediging dra. 

’n Burgerlike arrestasie is egter uitgevoer nadat die buurtwag kennis van ’n roof ontvang het waarby die einste verdagtes betrek is. 
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is dadelik van die situasie in kennis gestel. Terwyl daar op die SAPD gewag is, het lede van ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, Neokor, ook op die toneel aangekom en bevestig dat die verdagtes verbind word met ’n roof wat dieselfde aand plaasgevind het. Die verdagtes is met behulp van moniteringskameras op die misdaadtoneel uitgeken.  Een saak van roof word nou deur die polisie ondersoek. “Die samewerking tussen AfriForum se Lichtenburgbuurtwag, die gemeenskap, die plaaslike polisie en Neokor, het vir nog ’n sukses gesorg en beklemtoon dat die stryd teen misdaad deur die gemeenskap as ’n eenheid gepak moet word,” verduidelik Armand Viljoen, AfriForum-distrikskoördineerder vir die Maricodistrik.  Viljoen benadruk dat inwoners paraat moet bly en enige verdagte optrede so gou moontlik by die buurtwag, polisie of sekuriteitsmaatskappye moet aanmeld. Sluit vandag nog aan by die Lichtenburg-buurtwag en neem saam verantwoordelikheid vir veiligheid in dié dorp. Kontak Carel Pauly vir meer inligting op 071 339 6180.