Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Michael Rossouw (27) inwoner van Lichtenburg, is op Sondag, 19 Mei, aangeval deur twee pittbulls. Sy ouers, Ida en Jorrie Jordaan, het ook deurgeloop. Michael is tans in ‘n hospitaal in Klerksdorp.
Die honde het hom aangeval nadat hy by sy ma se huis gestop het en hy sy kind uit die karstoeltjie agter in die motor wou haal. Die diere het glo uit die erf van die bure oorkant die straat gekom en hom van agter af getakel.

“Ek het in die motor geklim maar kon nog nie die deur toe kry nie en toe byt die honde my aan my arm en been. Op ‘n stadium het die honde my aan my voete van die kar af probeer wegsleep.” Die ergste beserings is aan Michael se kuit en ‘n deel van sy kuit is weggebyt. Sy ouers kon by ‘n dokter op Lichtenburg behandel word, maar sy wond is te diep en hy moes toe Klerksdorp toe gejaag word.
Die familie het nie ‘n mediese fonds nie. Die eienaar van die honde het ‘n groot deel betaal, maar daar is nog heelwat geld uitstaande. ‘n Backabuddy-profiel is oopgemaak vir mense om hom finansieël te kan bystaan. 
Volgens Ida was die polisie op die toneel en is die honde van kant gemaak. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan Ida skakel by 076 8000 646.