NOORDWESTER – SANNIESHOF – Twee speurders van Sannieshof, sersant Tumelo Hoffman en sersant Stephan Masoko, het onlangs inligting ontvang dat twee mans besig was om te steel by Klippan.
Dié twee het die diewe op heterdaad betrap, waar hulle besig was om te peuter by die Eskom-tranformatorsubstasie en battery-energie stoorstelsel.
Albei is in Sannieshof in hegtenis geneem en in aanhouding. Die waarde van die transformator is R100 000 en die batterystelsel is R80 000. ‘n Saak is geopen vir die beskadiging en steel van noodsaaklike infrastruktuur en die sersante word bedank vir hul goeie werk.