Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die jaarlikse konferensie is op Vrydag, 4 Oktober by NWK Opleidingsentrum gehou. Die tema was praat saam, werk saam en verseker saam ‘n toekoms. 
Vier eretoekennings is oorhandig aan persone wat onbaatsugtige, maar baie belangrike werk vir jare gedoen het. 
Boeta du Toit se betrokkenheid het ‘n groot verskil gemaak in Zeerust en Lichtenburg. Du Toit was lank betrokke by NWK, ten tyde van sy aftrede was hy uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW vir 18 jaar. 
Leon Bellingham, Emile sy seun, onvang die eretoekenning vir Leon se bydraes wat hy by Agri NW gelewer het in die Vryburgdistrik. 

Kobus van Zyl is ‘n vyfde geslag boer in die Kennith Kaunda gebied en hy dien op Agri SA se provinsiale en nasionale raad asook by SA Graan. 
André Strydom van Rysmierbult raak betrokke by die Boerevereniging gedurende 1991. Hy is gelyktydig betrokke van 1996-2023 en doen baanbrekerswerk by Rysmierbult en Ventersdorp se Boereverenigings. Strydom is ook ‘n groot steunpilaar by Groot Marico se watersituasie. 
Die sprekers van die dag het belangrike sake aangespreek in die boerderybedryf. Jaco Minnaar, Agri SA president, glo boerdery-uitdagings is nie uniek aan ons tyd nie. Huidiglik fokus NWK meer op tegnologie. Landboubedrywe en -besighede moet steeds funksioneer, uitdagings hanteer en leer uit die verlede sodat daar by hedendaagse, konstante veranderings aangepas kan word. Leer gedurig en neem verantwoordelikheid vir die toekoms. Die belangrikste vir boere is om voedselsekerheid te verseker.
Willem de Chavonnes-Vrugt is herkies as Agri NW se president en Gideon van Zyl en Daan van der Merwe is verkies as vise-presidente. 
Agri NW het vir die eerste keer studiebeurse toegeken aan drie kandidate uit die Agri NW studielenings fonds. Nog ‘n suksesvolle jaarkongres is gehou - groot dank aan almal wat deel gehad het en dié wat agter die skerms alles glad laat verloop het.