Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - An-Mari do Carmo is ’n bekroonde skrywer, boekwurm, redakteur en vele meer. Sy het as ’n tuisskoolkind op ’n plaas naby Lichtenburg grootgeword, en het elke week twaalf boeke by die dorpsbiblioteek uitgeneem én gelees. 
Haar liefde vir lees het vinnig omgesit in ’n liefde vir skryf. Sy het haar graad in BA Taal en Literatuurstudie by die NWU-Potchefstroom behaal, met ’n fokus op skryfkuns.

Daarna het sy vir ’n ruk in Frankryk Engels gegee voor sy met haar droomwerk as kinder- en jeugboekredakteur by LAPA Uitgewers (nou deel van Penguin Random House) begin het. Tans woon sy en haar man, Walter, in Klerksdorp saam met hulle hondekinders. 
Haar debuutjongvolwasseneverhaal, “Toe als groen was” (2022), is met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk sowel as ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. Hierdie jaar wen haar tweede boek, “Foto’s en fairy lights”, wat in 2024 deur Human & Rousseau uitgegee is, ook dieselfde prys in die Selfleeskategorie Graad 8 tot 9. Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei. 
Haar geloof is ook vir haar uiters belangrik en sy doen baanbrekerswerk omdat sy baie passievol oor neurodiversiteit en geestesgesondheid is. 
An-Mari is voorwaar ‘n vrou en skrywer om dop te hou, ons sien uit na ‘n derde Woordveertjie verhaal… en die vele daarna.