NOORDWESTER – LICHTENBURG - Na 26 jaar se wonderlike werk in die gemeenskap het Minie le Roux besluit om die Mev Lichtenburg Elegnat-organisasie te sluit as gevolg van haar gesondheid.
Sy wil aan ieder en elk wat hulle ondersteuning deur die jare gegee het, hoe klein of hoe groot, baie dankie sê, omdat hierdie mense en besighede só ‘n groot verskil in die gemeenskap gemaak het.
Daarsonder sou die organisasie nie 26 jaar lank bestaan het nie. Haar boodskap is: “Elke mens het ‘n spesiale opdrag op aarde, leef dit uit. Al is dit soms moeilik, bly op jou knieë. Aan elkeen in die gemeenskap baie, baie dankie. God skryf elke lewensverhaal met Sy eie Hand. Dit hou my regop en die gemeenskap en my vriende is deel van my verhaal.”