Ekonome voorspel ‘n groot daling in petrol- en dieselpryse vir Julie.
Dié is ‘n broodnodige verligting vir verbruikers. Die daling word toegeskryf aan die relatief lae internasionale oliepryse en ‘n sterk Rand.
ULP95 sal afneem met ongeveer R1.10 per liter, terwyl ULP93 sal afneem met ongeveer R1.15 per liter.
Diesel beweeg weer na ‘n afname van 55 sent per liter en paraffien behoort teen ongeveer 45 sent per liter af te neem. Die dalings sal egter nie op die lae vlakke wees soos dié aan die begin van die jaar nie.