Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - COLIGNY - Coligny-hoofpad is nou dié dorp se oogappel, danksy AfriForum. AfriForum se Coligny-tak het in Julie bykans 400 km in die dorp afgelê om van Coligny ’n skoner dorp te maak. Ongeveer 40 bakkievragte vol rommel is weggery.
Gedurende die tak se volhoubare skoonmaakprojek is  Voortrekkerstraat, Coligny se hoofpad, gereeld skoongevee, rommel opgetel, middelmannetjies geskoffel en skoongemaak en vullis  weggery.

“Daar is ongelooflik baie uitdagings in Coligny, waaronder die netheid van die dorp. Daarom het ons as inwoners met die volhoubare projek begin om die hoofpad te onderhou en seker te maak dat dit weekliks gevee en rommel verwyder word. Ons dorp is ons trots en ons sal aanhou om hierdie projek te dryf,” sê Frans Gerber, ondervoorsitter van AfriForum se Coligny-tak.
“Coligny is ’n uitstekende voorbeeld van ’n klein gemeenskap wat baie omgee oor hul dorp. Hulle wag nie vir die munisipaliteit om hul werk te doen nie en spring self in om die werk te doen wat gedoen moet word. Die inwoners maak nie verskonings nie en gebruik hulle trots om hul dorp op te knap,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
AfriForum wil graag ’n groter verskil in die dorp maak en moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum se Coligny-tak aand deur vir Tewie Pieters by 078 611 2214 te kontak.