NOORDWESTER – LICHTENBURG- Soos die einde van die jaar vinnig nader kom, is baie Suid-Afrikaners haastig om vergaderings klaar te kry, jaareindsfunksies, kersinkopies te doen en ander geleenthede by te woon.
Met soveel eise aan ons tyd, is dit te maklik vir ons gedagtes om te dwaal terwyl ons bestuur. Dit bly egter een van die belangrikste bedreigings vir padveiligheid, veral gedurende hierdie besige seisoen.
Onlangse navorsing van die Automobile Association (AA), Discovery Insure en ander padveiligheidstudies dui op ‘n kommerwekkende toename in “dink aan ander dinge en bestuur”, met selfoongebruik boaan die lys.
“SMS’e terwyl jy bestuur is veral gevaarlik omdat dit al drie tipes afleidings kombineer: visueel, hand en kognitief,” verduidelik Dewald Ranft, voorsitter van die Motor Industry Workshop Association (MIWA). Dit gaan egter verder as SMS’e; dit sluit enigiets in wat jou aandag van die pad aftrek.”
Visuele afleidings is wanneer ‘n bestuurder sy/haar oë van die pad afhaal, of om hande van die stuurwiel af te haal, en kognitiewe afleidings vind plaas wanneer gedagtes nie op bestuur gefokus is nie. Algemene afleidings sluit in eet, na kinders te draai, musiek verander of gesprekke voer. Studies toon dat bestuurders wat agter die stuur SMS’e tik, aansienlik meer geneig is om kritieke leidrade te mis, wat hulself en ander in ‘n groter risiko plaas.
Ranft erken dat baie mense nou hul voertuie as mobiele kantore gebruik, wat hierdie riskante gedrag net verhoog. “Dit is egter van kardinale belang om te onthou dat iets wat jou aandag aftrek, dodelike gevolge kan hê,” waarsku hy. Hy moedig bestuurders aan om veiliger gewoontes aan te leer en gee hierdie wenke:
• Vermy “multitasking”: Weerhou jou daarvan om te lees, te eet, klere aan te trek, of wat ookal jou aandag aftrek terwyl jy bestuur.
• Hou jong passasiers veilig: Maak seker dat kinders veilig vasgemaak is, en as hulle aandag nodig het, trek af van die pad op ‘n veilige plek om hulle te help.
• Beveilig troeteldiere: Verseker dat jou troeteldierdraer wat saam jou reis behoorlik vasgemaak is om te verhoed dat diere vrylik in die voertuig beweeg.
• Maak ‘n musieklys: Kies vooraf jou musiek om te verhoed dat jy instellings aanpas terwyl jy bestuur.
• Kommunikeer met geliefdes: Laat familie en vriende weet dat jy nie oproepe of sms’e sal beantwoord terwyl jy op pad is nie.
• Handhaaf ‘n veilige afstand: Laat genoeg volgafstand toe om jouself tyd te gee om te reageer indien nodig.
“Kom ons wend ‘n doelbewuste poging aan om gefokus te bly en onsself, ons passasiers en ander op die pad te beskerm. Saam kan ons ‘n betekenisvolle verskil in padveiligheid maak,” sluit Ranft af.