Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburg-tak het van einde Oktober tot 6 November ononderbroke gewerk om noodsaaklike herstelwerk aan Lichtenburg se paaie te doen.
 Hierdie volgehoue herstelwerk word gedoen om te verseker dat die paaie veilig is vir inwoners en besoekers. Gedurende hierdie tydperk is daar met behulp van 133 sakke teer, wat deur NWK Lichtenburg geskenk is, altesaam 273 slaggate en krake opgevul en herstel. Verskeie areas, insluitend Breestraat, Retiefweg en Kerkpleinstraat, is verbeter met die broodnodige herstelwerk.

In Landdros Maartenslaan, voor die polisiestasie en hof, is daar ook herstelwerk aan slaggate en krake gedoen. Benewens al die slaggate wat nou in Lichtenburg herstel is, het die tak ook nuwe stoptekens in Nelson Mandelarylaan opgerig en duidelike padmerke met 20 liter witverf van Supa Quick en 20 liter geelverf van Manfred Haarde geverf. “Hierdie AfriForum-tak se sukses is ’n bewys van die gemeenskap se toewyding tot Lichtenburg se ontwikkeling en vooruitgang. Die herstelde paaie verbeter die veiligheid en voorkoms van Lichtenburg en ons sien uit daarna om in die toekoms verdere verbeterings aan te bring,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.
“Die positiewe impak van hierdie inisiatief is duidelik en ons wil alle gemeenskapslede en ondernemings aanmoedig om voort te gaan met hul ondersteuning van hierdie projek. 
Wanneer gemeenskappe saamstaan kan ’n werklike en blywende verskil in ’n gebied gemaak word,” voeg Pine Pienaar, projekleier van AfriForum se Lichtenburg-tak, by. Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Lichtenburg-tak deur www.wordlid.co.za te besoek. 
Vir verdere navrae kontak Pine Pienaar op 082 371 5312 of Jan Buscop op 082 200 8075.