Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburg-buurtwag het op 30 Junie, in samewerking met verskeie ander rolspelers, ingespring om ‘n brand by ’n huis in Tweedestraat te blus. 
Die buurtwag is omstreeks 18:00 van die brand in kennis gestel en het dadelik die besproeiingsmaatskappy Agrico gekontak en te versoek dat hul brandbestryders na die toneel ontbied word. Die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit se brandweer was reeds op die toneel en AfriForum se buurtwag het verseker dat die brandweerwa tydens die operasie vol water gehou word.

Die privaatsekuriteitsmaatskappy Neokor, die inleepdiens A&M Towing & Recovery en AfriSam het op hul beurt bystand verleen in onderskeidelik skarebeheer, die uitsleep van voertuie van die toneel en bykomende brandbestrydingskapasiteit, terwyl Brother’s Take Away botteltjies water aan die brandbestryders verskaf het. 
Die gemeenskap se samewerking het help toesien dat die brand spoedig onder beheer gebring kon word, verduidelik Pauly.
David Fourie, AfriForum se Lichtenburg-buurtwagleier, bedank AfriForum se buurtwaglede en die breër gemeenskap vir hul samewerking en ondersteuning tydens dié brandvoorval. “Dit is deur hierdie samewerkende pogings dat ons ons gemeenskap veiliger kan maak. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van samewerking tussen buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye en nooddienste,” meen Fourie.
AfriForum-noodlyn Buurtwag staan gereed om die gemeenskap te help. AfriForum se Lichtenburg-buurtwag is slaggereed om Lichtenburgers in enige noodsituasie by te staan. ’n Noodfoon is onlangs aangeskaf en die gemeenskap word aangemoedig om noodsituasies aan te meld by 072 579 4396.