Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburg-buurtwag het die afgelope naweek toegeslaan op ’n verdagte wat moontlik betrek kan word by die onlangse vlaag hondevergiftigings in dié dorp. 
Volgens Carel Pauly, operasionele spanleier van AfriForum se Lichtenburg-buurtwag, is ’n verdagte Vrydag, 28 Junie deur die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in hegtenis geneem danksy ’n op en wakker AfriForum-buurtwaglid, Myburgh Krige. 

Krige het op die hoek van Bantjes- en Kerkstraat ’n persoon met ’n winkelwaentjie van ’n kleinhandelaar – meer as ’n kilometer daarvandaan – opgemerk en navraag gedoen oor die gebruik van die waentjie. 
Dié navraag is egter met aggressiwiteit begroet waarna Krige hulp van medebuurtwaglede ingeroep het.
By nadere ondersoek is ’n treinspoorspyker, ’n stuk ketting, twee hondebakkies en ’n selfvoerder met hondepille in die verdagte se besit gevind. Die hondepille is geëien as dieselfde soort wat nagenoeg ’n week gelede gebruik is om honde in die omgewing te vergiftig. 
Die SAPD is van die voorval in kennis gestel en die verdagte is in hegtenis geneem.