Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lichtenburg is bevoorreg om so ‘n belangrike fasiliteit soos ‘n Kankerkliniek te hê. Die kliniek bedien nie net Lichtenburg-pasiënte nie, hulle kom van Zeerust, Vryburg - oraloor. Kankerpasiënte kry van dié beste behandeling. Elke tweede week is daar een van twee dokters en suster Inezette wat van Rustenburg af kom. Daar is ander behoeftes wat die kliniek nog beter maak vir pasiënte byvoorbeeld, petrolgeld, fisio- behandeling, medisyne, doeke en meer. waar ‘n pasiënt dit nodig het.

Deurlopende motivering, liefde en ‘n drukkie wat hulle van die personeel kry, beteken so veel. 
Die Kankerkliniek se groot fondsinsameling is gewoonlik die jaarlikse Kankertee wat dié jaar nie kon plaasvind nie. Volgende jaar gaan daar dus ‘n groot Kankertee wees. 
Hierdie jaar word daar toe besluit op ‘n projek: “Laat die hare waai of sprei”. Hoërskool Lichtenburg het ingespring en saam met Helpende Hand ‘n donasie van R15 000 aan die Kankerkliniek oorhandig. Mienke Geldenhuys en Ralienke Coetzee het eetgoed geneem en vir elke pasiënt ‘n gekenkie oorhanding, saam met woorde van bemoediging. Dankie aan mamma Christine Geldenhuys wat ook haar deel doen vir die pasiënte, ‘n merkwaardige vrou met ‘n goue hart. 
Ander skole in die dorp het ook deelgeneem. Die leerders het die kleurvol gespreide hare so geniet en terselfdertyd baie bygedra tot die projek. Besighede, instansies, skole en individue was deel van die projek.  Dit was ‘n groot sukses en die personeel by die Kankerkliniek saam hul helpers, sê vir elke bydrae, elke haar wat gewaai het en elke sprei, dankie. 
Daar moet nie nagelaat word om vir die personeel van die Kankerkliniek en die helpers ook dankie te sê nie. Dit is onbaatsugtige, emosionele en tydsame werk wat hulle met liefde doen. Ondersteun hulle, vind uit wat is die behoefte by die kliniek en sterk so hulle hande.