Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Lichtenburg Klipkerk bestaan vanaf 1885 en is dus hierdie jaar 140 jaar oud. 
Die Klipkerk is ‘n baken wat rotsvas staan en deur die afgelope 140 jaar net sterker en sterker word in die lewens van inwoners. Dit is net genade. 

Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Lichtenburg is op 10 Junie 1885 gestig met ‘n lidmaattal van ongeveer 300. Die aanvanklike kerkgebou was T-vormig met ‘n klein gallery bo-oor die hoofingang. Gemeentelede het elkeen hulle eie stoel voorsien, verder was die binnekant leeg. 
Generaal Koos (JH) de la Rey is in 1886 as ouderling verkies. Ds HJL du Toit is in April 1887 as die eerste permanente leraar bevestig. 
Nog ‘n geskiedkundige jaar was 1890 toe President Paul Kruger die diens gelei het waar die hoeksteen van die Klipkerk gelê is - en ‘n jaar later word die Klipkerk ingewy. 
Gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1900, is die kerk as fort gebruik, die leraar is na Simonstad weggevoer en sy familie het die pastorie verlaat sodat Britse offisiere daar kon bly. In 1902 is gemeentlike aktiwiteite hervat.
In 1928 is die vergrote Klipkerk met ‘n toring, konsistorie, nuwe orrel en orrelgallery ingewy. Teen 1930 staan die lidmaattal op 10 000 - grootliks te danke aan die delwery aktiwiteite. 
Twee groot mylpale wat reeds gevier is was die 50ste bestaansjaar in 1935, en in 1960 die 75-jarige bestaan.