Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Die voortslepende ANC/EFF-faksiegevegte in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Lichtenburg, het Dinsdag, 4 Maart die dorp weer in chaos gedompel. 
Die chaos spruit voort uit die klaarblyklike weiering van die munispale bestuurder, Olaotse Bojosinyane, om sy afdanking te aanvaar. Ondanks ‘n beslissing van die arbeidshof dat hy heraangestel moet word,  het die munisipaliteit daarteen geappelleer. 

Bojosinyane het die kommunikasie verontagsaam en probeeer om die amp met geweld te beklee.  Hy en sommige van sy politieke makkers, sy private sekuriteitswagte en ondersteuners het geëis het dat hy sy pos opneem. Toe hy toegang geweier is, is die straatkruising by die munisipaliteit versper, die gebou met bottels bestook en skote afgevuur. 
Chaos het uitgebreek tussen ‘n veiligheidsmaatskappy in diens van die munisipaliteit, ‘n paar munisipale werknemers en private sekuriteit van Bojosinyane. Tydens die chaos wat uitgebreek het, is lewendige ammunisie gebruik deur die privaatsekuriteitswagte en is twee munisipale werknemers beseer. Een werknemer is in die bors geskiet en hy is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal, terwyl die ander een in die been geskiet is. Op 5 Maart het die Speaker van die raad – raadslid Jairous Modisakeng - ‘n behoorlik saamgestelde spesiale raadsitting byeengeroep waartydens die raad op hoogte gebring is oor die besoek deur die Kantoor van die Minister in die Presidensie verantwoordelik vir Departement van Prestasie, Monitering en Evaluering. 
Sedert einde Januarie  is amptenare van die munisipaliteit deur die interregeringsbetrekkinge besig met deurlopende verbintenisse om ondersteuning en intervensies te verkry om die munisipaliteit te help om broodnodige basiese dienste aan inwoners te verskaf. 
Die publiek en belanghebbendes word gewaarsku om nie met Bojosinyane te kommunikeer in enige hoedanigheid wat verband hou met die plaaslike munisipaliteit nie. 
Hierdie blatante wetteloosheid wat die gemeenskappe van Ditsobotla vir jare teister, is ‘n klad op die regering se naam. Ná jare is daar steeds geen doeltreffende optrede teen hierdie elemente in Lichtenburg en omstreke nie en dit wys duidelik dat die dorp begin steier onder hierdie onnodige druk en wetteloosheid. 
Woordvoerder Pius Batsile van Ditsobotla  sê:  “Ons wil die verbintenis herbevestig om basiese dienste te lewer binne ons finansiële beperkings en uitdagings wat die munisipaliteit in die gesig staar.”