NOORDWESTER – LICHTENBURG – Vroue word hartlik uitgenooi na hiérdie geleentheid, spesiaal vir vroue regoor die wêreld.
Dit is die 95ste jaar dat Suid-Afrika aan hierdie wêreldwye ekumeniese gebedsdag deelneem, wanneer vroue uit verskillende lande vir mekaar bid. Die tema vir die dag is, “Ek het jou wonderbaarlik gemaak”.
Lichtenburg Klipkerk hou Vrydagoggend, 7 Maart, vanaf 06:00 tot 06:30 ‘n samekoms vir vroue sodat dit nie inbreuk maak op skool- en werkstyd nie. Kom wees deel hiervan en raak betrokke in gebed wat broodnodig is in ons dorp, land en wêreld. Santa van Zyl sal die boodskap uitdra.
Almal, mans, vroue en kinders word aangemoedig om deur die dag saam te bid sodra daar ‘n geleentheid is.
Elke gebed tel en is belangrik in hierdie tyd waarin ons leef.
Maak gebed deel van elke dag.