Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hoeveel meer kan nog ‘n brand verwoes as daar reeds niks oor is nie? 
Dit is hoe inwoners voel nadat die derde brand in sowat ses maande die eens trots van die dorp Vrydagnag nog verder afgebrand het. Die Stadsaal word etlike jare nie meer gebruik waarvoor dit gebou is nie en die agteruitgang, verwoesting en plundery is skokkend. 

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar ’n moontlikheid is dat die haweloses wat daar bly, vure gemaak het wat buite beheer geraak het. Yusuf Laher, DA-koukusleier van Ditsobotla Munisipaliteit, sê sabotasie kan ook nie uitgesluit word nie. 
Geen herstelwerk is gedoen na die eerste brand in Oktober 2023 nie. Ook na die tweede brand en nou selfs na die derde brand, sal onwaarskynlik iets gedoen sal word. Sedert verlede jaar Oktober, het Pius Batsile, woordvoerder van die munisipaliteit, bevestig die gebou staan oop en onbewaak. Luitenant Kolonel Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig dat daar polisie Vrydagnag teenwoordig was. Ondersoeke is aan die gang.  Die forensiese verslag van die Oktober 2023 brand is nog nie ontvang nie. 
Die vloerplanke wat oor was, is vernietig en alles wat kon brand het gebrand. Die Soepeesaal, waar vroeër gestem was, is ook totaal vernietig. Die Stadsaal is nou ‘n murasie - soos die Ampie Bosman Museum, die Landbou Museum, Stoomtrein en trokke, Sonop Saal, Lisensiekantoor, Magasyn, tennisfassiliteite en soveel ander verlore erfenisskatte. 
Die kant gange staan  nog en hawelose mense bly in die afgebrande Stadsaal. Dis n skande, want hulle leef onder onstellende, haglike en onmenslike omstandighede. 
En nou die groot vraag… gaan daar ‘n verandering wees?