Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die Cullinan Boere-unie, in samewerking met TLU SA, nooi almal uit na die opwindende 2025 Goliat van Gat Pampoenfees. 
Die fees vind plaas tussen 09:00 en 15:00 op 15 Maart by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton en beloof iets vir almal – van reuse-pampoene tot smullekker pampoengeregte.
 Hierdie jaar staan verbruikers en deelnemers in die kollig met die heerlike pampoengeregkompetisie wat vir almal oop is.

Of jy deel is van ‘n boere-unie of net ‘n passievolle kok, hierdie is jou kans om kreatief te raak met pampoen. Maak nie saak of dit goudbruin pampoenpoffertjies, ‘n romerige pampoensop, pampoenpasteitjies of daardie klassieke pampoentert van jou ouma is nie – jou unieke skepping kan groot pryse wen.
 Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, moedig almal aan om betrokke te raak: “Hierdie fees is nie net vir die groot pampoene nie, maar vir groot geesdrif in die kombuis! Ons nooi alle kosliefhebbers om hul resepte te deel en deel te wees van hierdie feestelike ervaring.”
 Die reuse-pampoenkompetisie bly steeds ’n groot trekpleister, met kategorieë soos die 10 grootste pampoene, ook die mooiste en die lelikste. Daar is ook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar, sowel as inskrywings vir ander groentes soos reusekomkommers en tamaties.
 Kom skep saam herinneringe, deel jou passie vir pampoene, of geniet net die stalletjies, kos en gees. 
 Vir inskrywings en meer inligting oor stalletjies, kontak Henri Combrink by 082 552 9428 of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..