Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar word elke jaar ‘n putjiespel uitklopkompetisie deur Lichtenburg Gholfklub aangebied (enkels sowel as pare). Hierdie jaar was geen uitsondering nie en baie lede het vir beide kompetisies ingeskryf. Laubstar Fleet Services en Tacet Transport het as borg van die kompetisie opgetreë terwyl ZAK Finansiële Dienste die borg van die plaatkompetisie was. Lichtenburg Gholfklub bedank vir Bennie en Reytjie Laubscher (Laubstar en Tacet) en Izak Brand (ZAK) dat hulle bereid was om hierdie gesogte kompetisies te borg.

Na maande se uitkloprondtes en heelwat verrassings is die kampioene uiteindelik gekroon. In die plaatkompetisie was die wenner Johan Steyn in die enkels en Izak Brand en Kobus du Preez in die parespel. Die eindstryd het tussen Ezra Berger en Philip Nel plaasgevind met Philip wat as Lichtenburg Gholfklub se putjiespel kampioen vir 2024 gekroon is. In die parekompetisie was daar ook ‘n hewige stryd tussen Gary Oosthuizen en David Maree wat sake teen Johan van Loggenberg en Philip Nel uitgespook het. Johan en Philip het as oorwinnaars uit die stryd getreë. Baie geluk aan al die wenners.
Die bestuur van Lichtenburg Gholfklub wens al die lede en hulle families ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2024 toe. Groot dank aan al die borge wat deur die jaar die klub ondersteun het.