Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Markus Fourie, ons eie Kendo-kampioen daar uit Shanghai, China sê dit is koud daar. 
Markus is tans besig met voorbereiding vir twee groot kompetisies in Januarie. Die eerste kompetisie is die jaarlikse “South China Championships” vanaf 5-7 Januarie 2024 in Quanzhou. Die daarop volgende naweek sal hy deelneem aan die Shanghai manskampioenskappe in Shanghai. Die volgende paar weke sal toewydig en deursettingsvermoë verg en baie lang ure se oefening.

 Chinese Nuwejaar val hierdie jaar op 10 Februarie, so die Shanghai manskompetisie sal die laaste kompetisie wees voor die einde van hulle nuwe jaar. Markus sê: “Dit voel goed om te kon bereik wat ek bereik het hierdie jaar deur my sport. Met al die negatiwiteite wat aangaan om ons moet mens op een of ander manier standvastig en geditermineerd bly.”
Hier uit Suid-Afrika wens ons Markus net die beste vir sy voorbereidings en ook die Kerstyd wat hy daar vêr alleen moet deurbring.