Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Andries van Rensburg (14),’n leerder van Hoërskool Lichtenburg, het ‘n besondere talent vir helikoptervlieg en oefen gewoonlik by die plaaslike vliegklub in Lichtenburg, veral oor naweke. 
Sedert hy op 6 Januarie 2024 begin het, het hy reeds meer as 2 000 uur op Helix-X geklok, en meer as 500 uur spandeer met sy geliefde Specter 700 NME helikopter. Hy is ook ondersteun deur ‘n internasionale maatskappy wat hom as ‘n internasionale vlieënier erken en bevorder.

 Andries is nie net ‘n vaardige vlieënier nie, maar het ook die vaardighede ontwikkel om hierdie komplekse masjiene te bou en fyn af te rond, met ‘n diepgaande begrip van al die meganika en faktore wat by helikoptervlug betrokke is. Hy staan bekend vir sy uitsonderlike toewyding, presisie, en professionele benadering tot die stokperdjie. 
 Onder die leiding van sy mentor, Sam van Zyl, het hy vinnig gevorder om een van die voorste lede van die RC-vlieggemeenskap te word. ‘n RC-helikopter is ‘n afstandbeheerde helikopter, wat ‘n miniatuurweergawe is van ‘n regte helikopter, wat deur ‘n afstandbeheer bestuur word. Behalwe vir sy passie vir vlieg, is Andries ook aktief betrokke by verskeie ander stokperdjies soos motorfietsry, go-kart, jag en geniet hy ook watersport soos ‘tubing en wakeboarding’. 
Hy vlieg ook groot ‘power kites’, wat sy liefde vir avontuur en buitelugaktiwiteite verder beklemtoon. Op 29 Maart gaan hy by Barnstormers in Johannesburg die sport bevorder en wanneer hy deelneem aan die nasionale kompetisies in die eerste week van April, is daar groot verwagtinge dat hy uitstekend sal vaar. Hy is deel van ‘n span wat daartoe bydra om helikoptervlieg in Suid-Afrika weer te laat herleef en aktief bydra tot die groei van die sport in ons land. Hy is ‘n vriendelike, spontane en besonder gemotiveerde seun. Sy veelsydige belangstellings en aktiwiteite toon sy passie vir die lewe en sy entoesiasme om nuwe dinge te probeer. Daarin slaag hy goed. 
‘n Talentvolle seun om dop te hou.