Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Plaaslike haarkapper Mollie Nepgen is dalk 80 jaar oud, maar van haar skêr bêre is daar nog geen sprake nie. Sy sny nog elke dag haar kliënte se hare by Ster Mans Haarkapper in Centrallaan.

Mollie se loopbaan het in 1962 op 17-jarige ouderdom begin toe sy as vakleerling by ‘n mans haarkapper begin werk. Sy het destyds by die bekende klerewinkel Des Lens in OR Tambostraat (toe Kerkstraat) begin werk. Voor in die winkel is manspakke verkoop en agter was ‘n haarsalon vir mans en vroue. Nadat sy haar vakleerlingskap daar voltooi het, het sy by verskeie manshaarkappers gewerk, onder andere vir die swears, Flip en Nols Haarkappers, en die Le Roux broers Haarkappers. 

 

 

In 1982 het sy haar eie mans haarsalon geopen en dit Ster Mans Haarkappers genoem. Van haar kliënte wat destyds by haar begin sny het, se kinders en kleinkinders sny nog by haar hare.

Sy vertel vroeër was die manshaarsalonne altyd besig, met die mans wat omtrent een keer ‘n week ingekom het vir ‘n “skoonmaak’’. Dit is net om die ore en nekhare te skeer. Dit was ook die dae waar die baarde en snorre mooi getrim is en haarpunte wat gesplit is, is geskroei. Destyds is sy ook na die plaaslike skole waar sy die kadette se hare moes sny, want almal se hare moes dieselfde lyk vir die kompetisies waaraan hulle deelgeneem het.

Mollie het drie jaar terug haar winkel weens die misdaad uit die middestad verskuif na Wilkoppies waar sy na 62 jaar nog haar kliënte se hare sny. Sy is nog gesond en dink nog glad nie aan aftree nie. “Met die Here se genade sal ek nog lank aangaan om my kliënte te dien.’’