Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Riaan Benade is soveel meer as bloot Franna se seun. Hy is ‘n kunstenaar in eie reg en Klerksdorpers sal bly wees om te hoor hy tree op 8 Junie in die Escapadesteater by Rio Casino op.

Sy nuwe album “Die Lot” sal by die konsert bekendgestel word. Hy bring sy orkes, of sy bende soos hy hulle noem, saam Klerksdorp toe.

 

 

 

 

 

Wie is Riaan Benade? Sy debuutalbum het in Augustus 2020 die lig gesien en Spontaan, die titelsnit, is steeds die mees gestroomde Afrikaanse liedjie op Spotify. There Was Jesus, Riaan se duet saam met Demi Lee Moore, is kort daarna vrygestel. Hierdie liedjie is tot op hede meer as 10 miljoen keer op YouTube geniet. 

Sommige aanhangers sal egter verbaas wees om te sien watter ander liedjies deel is van dié Nylstroom-sanger se oeuvre. Dit sluit Bok van Blerk se Land en Strand (die titelsnit van Bok se gelyknamige VIA-televisieprogram) en Ruhan du Toit se Monumentaal in wat hy saam met Gerhard Steyn geskryf het. 

Riaan het in 2022 die AITSA-toekenning vir die suksesvolste Afrikaanse snit deur ’n manlike kunstenaar vir Rowwe Bliksem gewen, sy liedjie saam met Jay wat hulle twee ook saam met Marno van der Merwe geskryf het.
 
In 2023 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat deur Spotify genader is om ’n eksklusiewe Spotify-enkelsnit vry te stel. Benadé en die Nashville countryster Ian Munsick se weergawe van Springsteen se I’m On Fire is einde 2023 vrygestel. 

Die kaartjies na die konsert kos R250 elk en is by C-Thru Glass and Aluminium, Williamsstraat 44 in Wilkoppies te koop. Gereserveerde plekke word verkoop. Meer inligting van Artistique Productions by 083 716 5495.