Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Die volgende Pick en Pay stalletjiemark wat in die middel van die skoolvakansie op 29 Junie plaasvind, gaan baie spesiaal vir al die oupas en oumas wees.

Die organiseerders nooi al die oupas en oumas om saam te kuier by die mark en deel te neem aan die aktiwiteite wat die dag beplan word. Elke grootouer wat bywoon kry ‘n gratis koffie en kolwyntjie.

 

Verskeie kompetisies word aangebied met lekker pryse op die spel soos vir oudste ouma en oupa by die mark, die ouma en oupa wat die langste getroud is en nog vele meer. Kleinkinders word ook aangemoedig om briefies te skryf oor waarom hul grootouers spesiaal is.

Daar is verskillende afdelings vir kinders: 4-5 jaar, 6-8 jaar en 9-10 jaar. Briefies kan in die houer by Bosveld Slaghuis geplaas word tot Donderdag 27 Junie. Onthou jou naam en van en jou grootouers se naam en van.

Vir navrae en stalletjie besprekings, skakel Tinus by 083 294 8077.