Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die sesjarige Isabella van der Westhuizen keer nie met leë hande terug uit Amerika nie.
Die skattige donkerkop is op Saterdag 13 Julie as die nuwe Royal International Miss Role Model prinses aangewys. Sy het teen 22 meisies uit verskeie lande meegeding en het ook weggestap met verskeie pryse ondermeer vir die beste nasionale kostuum en beste mode-uitrusting.
Sy het pryse gekry vir die beste plakboek, beste power of the crown konsep en sy is die purple passion wenner. Sy het derde geëindig met haar talent en vir gemaklike kleredrag en is ook die naaswenner in die topmodel kategorie. Sy het ondermeer ‘n studiebeurs gewen en ‘n toekenning vir uitstaande toewyding en prestasie.
Aanhangers van die jong Klerksdorpertjie kon haar deelname aan die internasionale kompetisie op sosiale media volg. Sy het saam met agt ander Suid-Afrikaners van verskillende ouderdomme deelgeneem en is volgens haar ma, Bonita, die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n wen teruggebring het.
Terug met ’n wen
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode