Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Entrepreneur van die stad se voorliefde vir die ongewone, laat haar vriende en familie se oë rek.

Nykie Buys beskryf haarself as iemand wat van allerhande vreemde goed hou en toe sy hoor van die hoenders wat gekleurde eiers lê, moes sy net daarvan in die hande kry. Want sien is mos glo.

Nykie vertel sy het lank gesoek na dié “easter egger”-hoenders en sy kon dit nêrens hier naby opspoor nie. Sy het haar tot sosiale media gewend en van dié buitengewone hoenders in Lydenburg opgespoor. “Ek kon nêrens in Klerksdorp en omgewing kry nie. Mense het nie geweet waarvan ek praat nie,” vertel sy.

 

Toe kry sy vier henne en twee hane en dié hoenders word “easter eggers” genoem - amper soos om jou eie Paaseiers te hê.
“Ek het hulle al in Oktober verlede jaar gekoop en hulle het nie gelê nie. Ek het gedink die hoenders is siek. Toe gebeur dit skielik verlede week en daar lê ‘n groen eier,” vertel sy.

Volgens haar was dit nogals vreemd, wat mens is gewoond aan wit of bruin eiers en ‘n groene is beslis buitengewoon. “Die hoenders het nou al ‘n bloue en ‘n pienke gelê. Hulle is so mooi dat jy hulle vir jouself wil hou,” sê sy. Volgens haar is gewone eiers nou so vervelig.

Sy beplan om met die hoeders te boer en sê kliënte is aanvanklik geskok en dan gefassineerd. “Sommige mense dink dis ‘n grap en dink ek het die eiers so geverf. Ek het ‘n kliënt wat sê hulle lyk mooier as Woolworths se Paaseiers,” lag sy.

Dit is natuurlik net die dop se kleur wat verskil, want binne-in is dit gewone eiers en proe dit nes ‘n gewone een. Dit lyk net soveel mooier.