Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Familie van die vermoorde Ria Jansen van Vuuren van Orkney het hulle nou na die privaatondersoeker Mike Bolhuis gewend in ‘n poging om antwoorde te kry op wat regtig daardie noodlottige Vadersdag gebeur het. Ria, ‘n teatersuster by ‘n Klerksdorpse hospitaal, is vermoedelik deur haar eksman in die gesig geskiet. 

Die familie het egter hoop verloor om reg te laat geskied nadat Johan (52), die eksman, verlede week by sy huis beswyk het. Daar word vermoed dit was ‘n hartaanval.  Johan was skaars twee maande terug by die huis waar die treurspel afgespeel het, nadat hy op 15 Augustus op borgtog van R3 000 vrygelaat is. 

Hy was sedert die voorval op 18 Junie in aanhouding. Op Woensdag 11 Oktober was hy dood.

Antoinette Coetzer, een van Bolhuis se ondersoekers, het aan Klerksdorp Rekord gesê Ria se familie wil steeds hê geregtigheid moet geskied en die waarheid oor wat daardie oggend gebeur het, moet uitkom. “Daar heers baie verwarring, veral nadat Johan in sy borgaansoek gesê het hy het haar perongeluk geskiet. Haar familie glo dit nie vir een oomblik nie.’’

Antoinet Fletcher, Ria se suster, het deurentyd volgehou dat Ria koelbloedig vermoor is deur haar eksman wat jaloers en besitlik was. Ria en Johan het steeds saamgewoon na hul egskeiding en na haar moord het verskeie mense wat haar goed geken het, vertel die verhouding was kompleks en gewelddadig. Hulle was baie geskok dat hy op borgtog vrygelaat is.

Henry Mamothame, NVG woordvoerder in Noordwes, het bevestig dat die saak nou gesluit is nadat die beskuldigde oorlede is. Jansen van Vuuren was van moord met voorbedagte rade aangekla.

Klerksdorp Rekord kon nie met enige van sy naasbestaandes in kontak kom nie.