Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Gesinsuitstappie langs die viswaters die afgelope naweek het tragies geëindig vir ‘n gesin van Klerksdorp.
Twee mans is dood toe die motor waarin hulle onderweg was huis toe van ‘n hengel-uitstappie Sondagmiddag 25 Augustus verskeie kere omgeslaan het. Conraad van Zyl (43), sy sestienjarige dogter, en ‘n huisvriend, André Nel (43) is aldrie uit die motor geslinger. Die dogter het die ongeluk wonderbaarlik oorleef met skrape en kneusplekke.