Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die Matlo-sana/Stilfontein Animal Shelter het 27 worshonde verlede week uit “haglike omstandighede’’ gered toe hulle by ‘n honde-teler se huis op die dorp toeslaan.
Suzette Kotze het aan Klerksdorp Rekord gesê dat sy via ‘n selfoonboodskap ingelig is van die worshonde. Wat sy by die huis aangetref het, het haar ergste verwagtinge oortref. “Ek was geskok. Ek het al erger gesien, maar dis erg. Hulle is baie swak. Hulle het so min kos gekry,” het sy vandeesweek gesê.













