Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die beplande ontwikkeling van gedeeltes van die Palmietfonteinplaas buite Doringkruin word nie met ope arms verwelkom nie.

AfriForum se Klerksdorp-tak het in Desember opnuut besware ingedien by die Matlosana Munisipaliteit rakende die beplande ontwikkeling.

Die beswaar is namens inwoners en taklede ingedien en wys onder meer daarop dat indien die beoogde ontwikkeling, wat in die noordooste van Klerksdorp aan Doringkruin grens, voortgesit word, dit moontlik een van die grootste oorblywende kameeldoringwoude in die omgewing kan vernietig. 

 

Read more …Nog besware teen dorpstigting

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Aantal plaaslike bekendes het gedurende die Kersvakansie gesterf. 

Johan van der Merwe

Johan van der Merwe (49) van Orkney is op Kersdag oorlede. Hy is vroeg in Desember met non-Hodgkins lymphoma gediagnoseer.
Johan was ‘n bekende gesig in Noordwes en die Vrystaat en geliefd as sanger en musikant. Benewens sy sakebelange was hy ook voorsitter van Overvaal Stereo. Hy was in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy oorlede is. Sy begrafnisdiens het op Nuwejaarsdag plaasgevind en hy is in die familiekerkhof ter ruste gelê.

 

Dr Muhamed Iqbal Rawat

Dr Muhamed Iqbal Rawat (75) het op 18 Desember aan ‘n hartaanval gesterf, pas nadat hy ‘n toespraak by ‘n troue in Vereeniging gelewer het. Hy was ‘n geliefde dokter wat na sy aftrede nog steeds by die Klerksdorp Hospitaal se onkologie-afdeling betrokke was. Hy was ‘n bekende gemeenskapswerker en was betrokke by kinderhuise en ouetehuise, asook die plaaslike moskee. Hy was ook betrokke by die Islamitiese Mediese Vereniging in Noordwes. Hy was getroud met Rokaiya en die egpaar het twee kinders.

 

Jan van den Berg

Bekende fietsryer en eiendomsagent, Jan van den Berg (79) is op 26 Desember dood. Hy het nog saam met sy familie Kersfees gevier en is onverwags die volgende oggend oorlede. Hy het ‘n bloedklont ontwikkel tydens een van sy vorige fietsryongelukke. Hy was ‘n uitnemende fietsryer met verskeie nasionale titels agter sy naam, maar was ook ‘n sakeman, familie- en kerkman. Hy en sy vrou, Lynn, het bykans vyftig jaar in Klerksdorp gewoon. Die egpaar het drie kinders. Sy troosdiens vind op 20 Januarie plaas.

 

Klerksdorp Record, Klerksdorp - It’s been a wet New Year thus far.

This week’s heavy downpours in the Kosh Area have flooded roads and opened up potholes making driving in these circumstances very difficult.

In Wilkoppies, Oupa Coetzee measured more than 60mm from 05:00 on Tuesday January 9 until after 09:00 on Wednesday January 10. His rain-gauge measured about 70mm since New Year’s day before this week’s downpour began. 

On Wednesday morning Catrien Pieterse measured 66mm and Rehana de Buisson measured 60mm in Songloed. In Orkney it is said that more than 90mm rain fell in 24 hours. 

The SA Weather Service warned of severe thunderstorms over the southern parts of North West.

 

Read more …Storms, rain welcome the New Year

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Benadé Baird, ‘n boorling van Klerksdorp, is op 9 Desember 2023 in Klerksdorp oorlede. Hy is op 10 April 1961 in Klerksdorp gebore.

Benadè het gehou van mooi vroue en vinnige karre en verskeie braaiplekke in ‘n welige tuin. Hy was lief vir sy familie en Ferrari, nie altyd tegelykertyd of eweveel nie, alhoewel Ferrari hom soms teleurgestel het. Wanneer hy homself platgetrek het, het hy homself weer opgebou. As ‘n lewenslange mynbouman het hy ondergrond begin en hard gewerk om uit te styg, tot heel aan die einde van sy lewe. Sy hande was besig en sy kop was vinnig. Hy was ‘n kreatiewe kok, ‘n handige nutsman en ‘n vernuftige tuinier. Sy Skotse Terrier, Sir Stuart Baird oftewel Stewie, was sy lojale en konstante metgesel.

Nadat hy in Klerksdorp se hospitaal sy opwagting gemaak het as ‘n stewige baba, het hy in sy kleintyd tussen sy ouers en grootouers geswerf en ‘n vrolike reputasie as die familie-grapmaker opgebou. Daar is kersfeesfoto’s van Benade op die familieplaas Goedgevonden, met ‘n waatlemoenhelm op sy kop, ‘n grinnik vol haasbek en ‘n stokswaard in sy hand. As ‘n tienjarige seuntjie in Oos-Londen het hy sy pa verloor en moes hy saam met sy ouer broer ‘n man word. Dit het nie sy humorsin bederf nie. Toe sy ma een aand aankondig dat die gesinsvakansie gekanseleer word omdat hy nie die grasperk gesny het soos beloof nie, het hy in die nag in die reën, met ‘n mynlamp op sy kop sy plig gedoen sodat die vakansie kon voortgaan. Niks kon sy sin vir pret of sy lus om mense te vermaak, bederf nie. Nie eers toe hy teen ‘n steil afdraande op sy Chopper-fiets se saal gestaan het, sy hande in die lug gegooi en kop eerste die teerpad ontmoet het nie.

Read more …Brood vir my broer

Klerksdorp Record, Lichtenburg - MEC JS Lahari released the second quarter crime statistics last week. He told a group of esteemed guests that they activated the safer festive season operations in October and declared at the time that in this province, they are not going to be tolerant for any deviancy.
“We reminded everyone that in this province we are going to be unsympa-thetic to any wrong doing. Any contravention of any edict of the republic, will be dealt with harshly. 

Read more …Shocking NW crime stats

More Articles …