Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Almal se gunsteling kroegvlieg is verlede week dood na ‘n lang hospitaalstryd teen septisemie.

Jannie du Rand (63) het by verskeie restaurante en kuierplekke in Klerksdorp gewerk as bestuurder en was baie bekend in die stad. 

Die meeste Klerksdorpers het hom leer ken as die vriendelike bestuurder by Legends, toe nog ‘n gewilde uithangplek in Pienaarsdorp. Hy was bekend dat hy gaste altyd met die hand gegroet het en lief was om geselsies aan te knoop. Dit is hoe almal wat al van Parys tot in Klerksdorp in ‘n kroeg wat deur Jannie bestuur is, hom onthou.

 

Read more …’n Legende nou stil in Klerksdorp

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Altesame 357 vuurwapens wat as bewysstukke in die polisie se SAP 13-stoorkamers landwyd geberg is, is sedert die 2020/21-boekjaar gesteel. Slegs ses private persone is tot dusver hieroor in hegtenis geneem.

Dit blyk uit antwoorde van die minister van polisie, Bheki Cele, op vrae van dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus oor die aangeleentheid. Die party wil nou weet wat het geword van die hofsake waarin hierdie bewysstukke gebruik moes word.

 

Read more …Honderde vuurwapens van polisie gesteel

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Orkney & Klerksdorp Diereskuiling het sy kommer uitgespreek oor motoriste wat die spoedgrens oortree en nie diere langs en in die pad in ag neem nie.

‘n Motoris het op Sondag 14 Januarie twee koeie regoor Kanana op die Orkneypad getref. Die diere wei in die omgewing en word gewoonlik teen 10:00 en dan laatmiddag oor die pad gejaag. 

Waarskuwingsborde is al op die pad opgerig om op die uitkyk te wees vir losloperdiere en daar is ook nêrens ‘n heining in sig nie. 

Read more …Diere ’n gevaar op Orkneypad

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat van moord aangekla word na die bakleiery voor ‘n kroeg in Doringkruin verlede jaar, het vandeesweek weer vlugtig in die hof verskyn.

Wernich Botha (33) se borgtog is verleng en die saak is vir byna vier maande, tot Mei vanjaar, vir verdere ondersoek uitgestel. Hy was vergesel van familie en vriende tydens sy verskyning in die landdroshof op Maandag 15 Januarie.

Read more …Moordsaak vir vier maande uitgestel

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Sassa is responsible for distributing grants and allowances to disadvantaged people who require financial assistance in South Africa.

Beneficiaries can receive their payments from selected supermarkets, such as Pick n Pay, Boxer, USave merchants, Checkers and Shoprite, and obtain this through their SASSA card, CashSend, or by getting the amount directly transferred into their bank account.

Read more …Various Sassa grants explained

More Articles …