NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg-kankerkliniek beplan op Vrydag, 30 Augustus ‘n fondsinsameling waartydens die hare gaan waai - of sprei ietsie kleurvol op jou hare om jou dag op te vrolik. Jou donasie gaan vir ‘n baie goeie doel. Besighede en/of individue word gevra om aan die inisiatief deel te neem ten einde fondse in te samel vir die plaaslike kankerkliniek en hul pasiënte. ‘n Groot deurrysentrum word voor NWK -hoofkantoor beplan, waartydens lede van die publiek die hare kan laat waai (R50 per persoon) of sprei (R20 per “stencil”-ontwerp).
Lichtenburg kankerkliniek ‘Shaveathon’
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg kankerkliniek beplan op Vrydag, 30 Augustus ‘n fondsinsameling waartydens die hare gaan waai...of sprei ietsie kleurvol op jou hare om jou dag op te vrolik! Jou donasie gaan vir ‘n baie goeie doel.
Besighede of individue word gevra om aan die inisiatief deel te neem ten einde fondse in te samel vir die plaaslike kankerkliniek en hul pasiënte.
NWK vier Mandela-maand met sy jaarlikse Skoolskoenprojek
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Dis Mandelamaand en NWK het dit die afgelope week gevier deur 500 pare splinternuwe skoolskoene aan behoeftige leerlinge te skenk as deel van sy jaarlikse Skoolskoenprojek.
Die maatskappy het op Vrydag, 12 Julie besoek afgelê by Laerskool Vlakpan naby Lichtenburg asook Morweng Primary School waar daar 250 pare skoolskoene, mussies, kouse, skoenpolitoer en -borsels, asook seilsakkies aan leerlinge uitgedeel is.
Grootpan VLU leer van bome
NOORDWESTER – GROOTPAN - Grootpan VLU se vergadering is gehou op 29 Junie aan huis van Marijke Swart.
Die vergadering het die vorm van ‘n braai aangeneem met Marijke as die gasvrou. Die tema van die dag was: “Word geplant deur God self.”
Het jy griep of verkoue?
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Griep is ‘n virusinfeksie wat simptome soos koors en kouekoors, nies, hoes, loopneus en ‘n seer keel veroorsaak. Sommige mense kan spierpyne ondervind, moegheid en hoofpyn hê.
Griep kan vir sommige mense ernstig wees, maar as jy andersins fiks en gesond is, hoef jy gewoonlik nie ‘n dokter te gaan besoek nie. Daar is ‘n entstof beskikbaar vir griep, en dit word aanbeveel dat almal ouer as ses maande elke jaar ‘n griepinenting het. Jy kan die simptome van ligte griep behandel deur te rus en baie water te drink. Medisyne is beskikbaar om koors en pyne te behandel.