Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Graan SA se NAMPO-oesdag het oor die jare heen gegroei van ‘n klein begin in 1967 tot die reuse landbouhandelstentoonstelling van wêreldformaat wat dit vandag is. Maar waar het dit alles begin?
Die Oesdag het ontstaan te danke aan die inisiatief van drie boere van Bloemfontein, Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegmann. 

Read more …Rekordgetalbesoekers by NAMPO 2024

NOORDWESTER - NWK span vanjaar nie minder nie as ses stootskrapers in om sowat 2 000km se grondpaaie van en na sy silokomplekse te skraap. 
Dié projek het op 22 April afgeskop en die kostes gaan na raming sowat R2 miljoen beloop. 
Dit is die derde jaar wat NWK hierdie projek onderneem. Dit volg nadat die maatskappy in 2021 ʼn memorandum van verstandhouding met Noordwes se Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer onderteken het, waarvolgens dit sy hulp aan die regering bied om die provinsie se grondpaaie meer begaanbaar te maak. 

Read more …NWK gaan grondpaaie skraap

Lichstraaltjie Kleuterskool open hul deure amptelik op 1 Julie 1984 op die terrein van die AGS-Kerk in Lichtenburg met sewe kleuters. Nicolette Perry is as die eerste hoof van Lichstraaltjie Kleuterskool aangestel. Die getal kleuters groei fluks en in Januarie 1985 open die Kleuterskool met 78 kleuters en vyf personeellede.  In Januarie 2000 gaan die Kleuterskool na 15 jaar ‘n nuwe era binne. Hulle word deel van Laerskool Lichtenburg, en sal voortaan as Lichstraaltjie Pre-Primêr bekend staan.

Read more …Lichstraaltjie word 40 jaar

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die griepseisoen begin binnekort en hierdie is wat jy moet weet om jouself te beskerm.
Wanneer begin die griepseisoen?
Gewoonlik begin die griepseisoen die afgelope 20 jaar (uitgesluit Covid tussen 2020-2022)  gewoonlik tussen middel April en vroeg in Junie. Dit bereik ‘n hoogtepunt aan die einde van Junie of vroeg in Julie en eindig in Augustus of September.

Read more …Het jy dalk griep?

NOORDWESTER – LICHTENBURG - By Emrike Leersentrum, geregistreerde skool en nie-winsgewende organisasie, is die kwaliteit van onderrig die heel belangrikste. In die vyf jaar van hulle bestaan, is talle suksesverhale en positiewe terugvoer die bewys dat hulle op die regte pad is. 
Daar is ‘n Voorskoolse Stimuleringsgroep, en Vlak R tot Vlak 10 klasse. Elke leerder word op meriete geplaas waar hy/sy gemaklik is. Hul volg ‘n rooster, werk in boeke en kry ook huiswerk as dit nodig is - nes ‘n regte skooldag. Omdat daar nie meer as tien leerders in ‘n klaskamer is nie, kry leerders individuele aandag.

Read more …Emrike Leersentrum groei en floreer

More Articles …