Twee matriekseuns, te midde van die rekordeksamen, as hulle nie rugby speel of leer nie…herstel stoptekens in die dorp.
Sowaar seuns met waardes en integriteit! Dankie aan JJ Jonker en Eddie du Preez. Betroubare Oupa is al oud, maar hy help hulle met die harde werk.
Vrouemaand - “eierdop”projek
NOORDWESTER – COLIGNY - Tydens Vrouemaand het Coligny Biblioteek ‘n “eierdop”-projek aangebied.
Elke vrou het twee plantjiebakkies versier met gekleurde droë eierdoppe. Dít alleen was ‘n projek om die eierdoppe verskillende kleure te sprei.
Saving a little is better than not saving at all
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Saving money is a critical skill that can improve your journey towards financial stability and security.
This is according to Thabo Qoako, Consumer Financial Education Specialist at Momentum Group Foundation, who highlights that creating a consistent savings habit is not just about putting funds aside, it’s about building a strong foundation for your financial future.
Oud-liggie wêreld nommer 1
PW Botes, oud-Liggie, het in 1999 gematrikuleer by Hoërskool Lichtenburg en woon tans in Bethal.
Die Suid Afrikaanse Protea Boogskietspan van 23 skuts, onder leiding van SANIFAA (South African National Indoor and Field Archery Association), het vanaf
5 - 9 Augustus in onderskeie afdelings aan die wêreld boogskiet kampioenskappe deelgeneem in Iguassa Falls, Brasilië.
In die afdeling AMBU (Adult Male Bowhunter Unlimited) het Botes ‘n goue medalje verwerf en is dus die wêreldkampioen in dié afdeling.
Vrouemaandprofiel: Ontmoet ‘n merkwaardige vrou
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Muriël Poole (77) is ‘n merkwaardige vrou, ‘n vrou wat glad nie in die kollig wil wees nie.
Sy is weliswaar die “Florence Nightingale” van die Dierewelsyn.
Muriël het grootgeword op ‘n plaas in die omgewing. Sy studeer in Johannesburg en werk daar todat sy trou met dr John Poole. Kort daarna word John genooi om vir ‘n multi-nasionale maatskappy in Amerika te werk. Hulle reis vir jare al om die wêreld.