NOORDWESTER – COLIGNY – Voordat sy by die biblioteek uitgekom het was sy onder andere sowat drie jaar redakteur by die Noordwester.
Henriët van Loggerenberg is sinoniem met Coligny Biblioteek. Sy het egter baie meer gedoen as om net die biblioteek te bestuur. In die 20 jaar wat sy daar werksaam was het sy die beide die Biblioteek en Noordwes-provinsie verteenwoordig.
Sy het konferensies bygewoon vir LIASA en sy is gekies vir die internasionale konferensie in Quebec in Kanada.
In 2018 kry Coligny Biblioteek die trofee vir die Beste Kleindorpie Biblioteek asook die trofee vir die Beste Kersuitstalling. Sy het die Buddy kankersakkiesprojek gedoen en elke vakansie programme aangebied vir die kinders. Sy het ook gesorg dat kursusse en geleenthede aangebied vir die inwonders en skole van Coligny. Sy het selfs help skryf aan die Coligny Geskiedenisboek saam met oorlede tannie Annetjie le Roux. Daar is net te veel om op te noem.
Dankie vir jou en Pieter se omgee vir die gemeenskap van Coligny. Jou voetspore lê veral diep en jy gaan baie gemis word. Die tyd het aangebreek om rustiger te raak en dinge te doen wat jy nog graag wil doen. Sy sê sy gaan aangaan met haar skilderwerk, saam Pieter ‘n digbundel die lig laat sien en wie weet waarmee sy haar nog gaan besig hou? Geniet jou aftrede, Coligny salueer jou en dankie aan elkeen wat haar gedra het die afgelope 20 jaar. Ons groet, maar vergeet nie vir Henriët van Loggerenberg nie.