Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Baie kinders kan hulself hierdie tyd van die jaar alleen tuis bevind aangesien skole gesluit is en ma en pa nog werk. 
Enige kind in hierdie situasie kan ook met inbrekers of vreemdelinge by die hek gekonfronteer word. Ouers moet alle voorsorgmaatreëls tref om die veiligheid van hul kinders hierdie feesseisoen te verseker.
Afgesien van ‘n kriminele element, is daar ander gevare wat rondom die huis skuil, soos ‘n brand wat uitbreek of ‘n mediese noodgeval.

As kinders heeltemal alleen by die huis is, moet ouers alle moontlike scenario’s dek en een of ander vorm van daaglikse sekuriteitsmonitering hê om seker te maak hulle bly veilig.
As ‘n huiswerker of au pair verantwoordelik is vir die kinders, moet hulle op bewus van sekuriteitsprotokolle wees en weet hoe om byvoorbeeld onmiddellike sorg en noodhulp toe te pas.
Die basiese beginsels van huissekuriteit sluit dinge in soos afstandsekuriteitsmonitering deur ‘n betroubare sekuriteitsmaatskappy, veilige toegangsoplossings en brandop-sporingstelsels.
Kinders en hul versorgers moet opgelei word in die gebruik van die huis se sekuriteitstelsel en weet wat om te doen en wie om in ‘n noodgeval te kontak. 
Een van die belangrikste dinge om vas te  lê, is om nie die hek vir vreemdelinge oop te maak nie, maak nie saak wie hulle sê hulle is nie. As jou kind kos of enigiets anders gaan laat aflewer, hou in gedagte dat hierdie afleweringsfietsryers dikwels deur misdadigers geteiken word. ‘n Hek wat oopmaak om die aflewering te aanvaar, is net die gaping wat misdadigers nodig het om op jou eiendom te kom.
‘n Behoorlike toegangsbeheerstelsel stel ouers in staat om te sien wie by die hek is en wat in en om jou huis aangaan, 24/7, wat groot gemoedsrus vir ouers kan wees.
Ander veiligheidswenke om aan kinders te kommunikeer:
Moenie in die straat of winkelsentrum loop met jou foon sigbaar nie en veral nie met oorfone op nie. Wees te alle tye waaksaam.
Gaan in groepe uit en tref altyd veilige reëlings wanneer dit kom by die aflaai en weer by die huis terug besorg.
Moenie met vreemdelinge betrokke raak nie. ‘n Algemene modus operandi behels dat ‘n vrou ‘n kind vra wat huis toe stap of sy hul foon vir ‘n noodoproep kan gebruik en dan in ‘n wagtende motor spring en wegjaag met die telefoon in die hand.
Veiligheidshekke moet te alle tye by die huis gesluit wees en die sleutel verwyder word. 
Weet hoe om die alarm te aktiveer in areas van die huis wat jy nie gebruik nie, en aktiveer ook tuinbalke wanneer jy alleen by die huis is.
Sorg dat noodnommers op fone se snelskakels gestoor word. 
Vertel ma of pa as jy ‘n verdagte motor of mense in jou straat sien. 
Nog ‘n groot faktor rakende kinders se veiligheid by die huis is swembaddens. Verdrinking is ‘n hoofoorsaak van toevallige dood by jong kinders. 
Jong kinders moet leer dat water gevaarlik kan wees, net soos motors. Sê vir hulle om nie sonder ‘n volwassene in die water in te gaan nie, net soos jy nie die straat oorsteek sonder ‘n volwassene nie. Dit is gevaarlik. Jy moet hierdie boodskap gereeld herhaal soos wat jy met alle ander huishoudelike reëls doen. 
Ouers moet onthou dat hul kinders kosbare geskenke is en dat hoewel almal oor die feesseisoen wil ontspan, jy nooit persoonlike veiligheids- en sekuriteitsroetines moet verslap nie.
- deur Charnel Hattingh, Fidelity ADT se groephoof van bemarking en kommunikasie.