Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – SANNIESHOF – Twee speurders van Sannieshof, sersant Tumelo Hoffman en sersant Stephan Masoko, het onlangs inligting ontvang dat twee mans besig was om te steel by Klippan. 


Dié twee het die diewe op heterdaad betrap, waar hulle besig was om te peuter by die Eskom-tranformatorsubstasie en battery-energie stoorstelsel.  

Read more …Speurders betrap diewe

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Michael Rossouw (27) inwoner van Lichtenburg, is op Sondag, 19 Mei, aangeval deur twee pittbulls. Sy ouers, Ida en Jorrie Jordaan, het ook deurgeloop. Michael is tans in ‘n hospitaal in Klerksdorp.
Die honde het hom aangeval nadat hy by sy ma se huis gestop het en hy sy kind uit die karstoeltjie agter in die motor wou haal. Die diere het glo uit die erf van die bure oorkant die straat gekom en hom van agter af getakel.

Read more …Michael oorleef honde-aanval

NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburgbuurtwag het in die vroeë oggendure van Saterdag, 11 Mei, twee verdagtes aangekeer wat verbind is met ’n roof met ’n panga in dié dorp vroeër dieselfde aand. 
Buurtwaglede het teen omstreeks 02:00 gereageer op ’n noodoproep van ’n inwoner wat twee verdagtes op die hoek van Tweedelaan en Kerkstraat opgemerk het. Die buurtwaglede het hul na die toneel gehaas waar die een verdagte gewapen met ’n panga aangetref is. Tydens ondervraging het die verdagte dit laat blyk dat hy dié wapen vir selfverdediging dra. 

Read more …AfriForumbuurtwag keer rowers aan ná panga-aanval

NOORDWESTER - LICHTENBURG - ‘n Kommerwekkende uitbreek van kinkhoes, ‘n hoogs aansteeklike respiratoriese infeksie, neem wêreldwyd toe, ook in Suid-Afrika. 
Volgens die jongste toesigverslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het Suid-Afrika reeds bevestigde gevalle. ‘n Beroep word op die publiek gedoen om onmiddellik op te tree en inenting te prioritiseer. Ouers, broers en susters en versorgers is die stille draers van hierdie infeksie en dra dit onwetend aan babas oor. Daarom is wydverspreide inenting noodsaaklik om hierdie siekte te bekamp en almal te beskerm.

Read more …Kinkhoesuitbreking tref Suid-Afrika

NOORDWESTER – LICHTENBURG - A 40-year-old man is due to appear in the Lichtenburg Magistrate’s Court for possession of suspected stolen goods. 
The suspect’s court appearance emanates from his arrest on Friday, 10 May, during a Crime Intelligence driven operation by the Lichtenburg Detectives, K9 and Visible Policing members. The suspect was arrested subsequent to receiving and operationalising of intelligence regarding theft and transportation of seeds.

Read more …Sunflower seeds stolen

More Articles …