GEMSBOK-UPINGTON: Kort nadat Afriforum ‘n aanmaningsbrief aan Dawid Kruiper Munisipaliteit gestuur het, oor die stand van die rioolstelsel op die dorp, het die burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, mnr David Kazi, op DKM se sosiale media fotos verskyn - “besig om aandag aan die riool probleem” te gee.
Afriforum se skrywe meld dat die gebrekkige rioolstelsel in die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit grootskaalse risiko’s in hou vir die omgewing en inwoners se gesondheid - aangesien rou riool vrylik in die strate en in die Oranjerivier loop.
Volgens AfriForum is daar meer as 18 mangate in Upington waar rou riool uitloop.
Die organisasie vra nou ’n aksieplan van die munisipaliteit om die rioolkwessie die hoof te bied.
Konstabel se moordenaar swaar gestraf
GEMSBOK-UPINGTON: Na vyf jaar sedert sy wrede dood, is die moordenaar van wyle kst Stefano Nico Visagie, eindelik in die Hooggeregshof op Upington skuldig bevind en gevonnis.
Emmanuel Chidi Okafor (36), ‘n Nigeriese burger, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord -met voorbedagte rade - op polisiebeampte van diens, Konstabel Stefano Nico Visagie opgelê.
Okafor is ook tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die poging tot moord op Rhyno Van Wyk en skuldigbevindings aan huisbraak met die opset om te moor, moord, asook poging tot moord.