Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Edwina Solomons, ‘n kind van Rosedale, Upington, is onlangs deur die Afrikaanse Taalraad aangewys as die Beste Onderwyser vir 2025. 
Edwina sê hierdie toekenning was baie meer as ’n prestasie; dit was ’n erkenning vir elke leerder wat haar ooit vertrou het, elke ouer wat haar ondersteun het, en elke onderwyser uit haar verlede, wat in haar geglo het.
Vir Edwina Solomons is hierdie toekenning ‘n groot eer.
Sy skryf: “Ek is in Upington, in die gemeenskap van Rosedale, grootgemaak. ’n Plek waar warmte, gemeenskap en vasbyt diep in mense se DNA ingewortel is. Rosedale is waar ek geleer het wat dit beteken om deur mense omring te word wat jou dra, ondersteun en saam met jou hoop.

Read more …Taalraad se beste onderwyser vir 2025 kom van Rosedale af

Die skooljaar is besig om na ‘n einde toe te staan, met skole wat rapporte of verslae aan leerders van Graad 1 tot 11 uitgee. Hierdie verslae is soms moeilik om te interpreteer, omdat terminologie gebruik word wat nie altyd vir ouers verstaanbaar is nie. 
‘n Rapport of Verslag sal altyd die lys van vakke wat die leerder deur die jaar gehad het lys met hetsy ‘n vlak (1-7) of ‘n persentasie wat behaal is. Die meeste verslae sluit ook die Graad gemiddeld in om aan te dui hoe die leerder teenoor die Graad presteer het.
1. Promosie - Op die rapport word aangedui dat die leerder na die volgende graad gepromoveer word. 
Promosie dui aan dat die leerder aan al die vereistes vir die vak voldoen het en “slaag”.

Read more …Hoe om rapporte te lees

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is ge-reed om sy Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Eksamen Nasiensentrums amptelik op Maandag 1 Desember te open, met die openingseremonie wat by Diamantveld Hoërskool gehou sal word. LUR vir Onderwys, mnr. Abraham Vosloo, sal die openingseremonie lei, vergesel deur die Direkteur-Generaal van Basiese Onderwys, mnr. Mathanzima Mweli, Waarnemende Departementshoof, dr. Michelle Ishmail, en senior amptenare.
In die Noord-Kaap is altesaam 78 verskillende vraestelle geskryf, en 196 642 antwoordstelle moet nagesien word.
Die volgende personeel is by drie aangewese nasiensentrums aangestel:
916 Nasieners; 186 Senior Nasieners; 85 Hoof Nasieners; 21 Adjunk Hoof Nasieners
85 Interne Moderators; 3 Sentrumbestuurders; 6 Adjunk Sentrumbestuurders
250 Eksamenassistente. Die nasien en vaslegging van punte sal teen 12 Desember voltooi wees.

Senior graad-leerders van Franciscus I/S wat goed presteer het, is agter van links, Ramoney Steenkamp,  Amy Strauss,  Gregory Maclyn, Dominique Louw en Lawnicka Swartz. Voor van links verskyn, Lucenchia Vos, Gianeldro Isaacs, Monique Olifant, Len-Jade Engelbrecht, Lee-André Swart en Jada Seekoei.                                          

Veels geluk aan al die leerders van die Intermediêre Skool Franciscus wat vanjaar so pragtig presteer het. Lawnicka Swartz (14), 'n graad agt-leerling, is dié skool se toppresteerder vir die skooljaar 2025. Hierdie slimkoppie het uitgeblink in Wiskunde, Afrikaans huistaal, Engels, Natuurwetenskappe, Ekonomiese Bestuurs- wetenskappe en Lewensoriëntering. Franciscus is baie trots op haar en wens haar groot sukses toe op haar hoërskoolloopbaan wat volgende jaar in aanvang sal neem.                 * Foto: Nick Pretorius

More Articles …