Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Verkeie skole in ons gebied, het deelgeneem aan ATKV uitdunrondtes om te kan deelneem aan die nasionale finale redenaarsronde, wat op 12 en 13 Augustus, by die ATKV-Klein Kariba aangebied word.
      Die volgende leerders gaan na Klein Kariba:
Graad 1 tot 3: Carli Brand van Laerskool Oranje-Noord (Afrikaans Huistaal).
Graad 4 & 5: Sofia Johannesmeier van Laerskool Oranje-Noord (Afrikaans Huistaal). 
Graad 6 & 7: Welna Hanekom van Laerskool Sentraal, Kakamas (Afrikaans Huistaal).
Graad 8 & 9: Ina Andrianatos van Hoërskool Duineveld (Afrikaans Huistaal Onvoorbereid).
Graad 10 tot 12: Tessa Ludik van Hoërskool Upington (Afrikaans Huistaal Voorbereid).

GEMSBOK-UPINGTON: Die beskerming van kinders sal een van die prioriteite van die SAPD bly en  alle kinders binne die grense van Suid-Afrika het die reg om beskerm te word, dit is weer verlede week deur die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, beklemtoon.
Die Noord-Kaapse SAPD-eenhede vir ge-sinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS),vergesel deur die SAPD sigbare polisiëringseenhede, speurders, sektorpolisiëring, Womens Network, Men for Change, Gemeenskapspolisieforums, Maatskaplike Misdaadvoorkoming, die Veiligheidsdeelnemers van die Departement van Vervoerveiligheid en Skakeling, Onderwysdepartement, FAMSA en Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het Kinderbeskermingsweek tussen 29 Mei - 05 Junie 2024 gevier.

Read more …Kinderbeskermingsweek in NK gevier

GEMSBOK-SPRINGBOK: Om gehalte-onderwys te bevorder deur plaaslike skole binne Namakwaland te ondersteun met infrastruktuur-opgraderings en instandhouding, het 'n plaaslike windkragaanleg met Laerskool Dr Izak Van Niekerk saamgewerk om 'n veeldoelige skoolsaal te bou. 
Hierdie saal sal dien as 'n ruimte vir verskeie skool- en gemeenskapsaktiwiteite, insluitend skoolbyeenkomste, fondsinsamelingsgeleenthede en gemeenskapsbyeenkomste, om sodoende 'n bykomende bron van inkomste vir die skool te verskaf.
Hierdie samewerkingspoging tussen Kangnas-windkragaanleg en Dr Izak Van Niekerk Primêre Skool in Bergsig, wat in 2022 begin is, beklemtoon die windkragaanleg se verbintenis tot gemeenskapsontwikkeling, veral met betrekking tot onderwys.

Read more …Skool kry veeldoelige saal

Die Hoërskool Martin Oosthuizen  se Zander Oberholster en Liza-Marie van Rooyen het onlangs in Kaapstad by KunsteKaap aan  die nasionale Prosenium dramakompetisie  deelgeneem. 
   Hulle is gekies uit ‘n aanvanklike groep van meer as 600-deelnemers. 
Die top 60 het toe aan die finaal gaan deelneem.
  Zander wen toe ‘n rol in ‘n WKOD produksie wat in 2025 by ondermeer die KKNK, Suidoosterfees en die Woordfees gaan optree.

GEMSBOK-UPINGTON: Drie skool-spanne in die Noord-Kaap, naamlik die Blou Bulle van Hoërskool Carlton van Heerden, Trio WR – Hoërskool Paballelo en River Rangers van St Anna Privaatskool (Springbok), is nasionale finaliste in vanjaar se  #SAClimate Change Champs Green Opportunities Challenge .
Hierdie kompetisie was oop vir jeugdiges in graad 9 – 12 wat deel is van Climate Club gasheerskole regoor die Oos-, Noord- en Wes-Kaap. Die finaliste is gekies uit meer as 40 jeuggroepe wat vir die kompetisie ingeskryf het en ‘n voorstel aangebied het oor die krag van hul gemeenskap deur ‘n regverdige en veerkragtige oorgang na ‘n groen ekonomie. Projekte is oor sleutelsektore vir groen ekonomie aangebied.

Read more …Drie NK-skole is nasionale finaliste

More Articles …