Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die Academy for Environmental Leadership SA (AEL) het teen einde 2024 hul  jaarlikse gradeplegtigheid aangebied, waar die prestasies van die “Klas van 2024” gevier is. 
Al die studente wat deelgeneem het aan die program, het hul Hoër Sertifikaat in Bewarings-ekologie verwerf, wat ’n 100% slaagsyfer vir die groep verseker het.
Die hoofrede vir die geleentheid is gelewer deur prof. Liesl van As, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Departement Dierkunde en Entomologie, wat die gegradueerdes en hul families gemotiveer het met haar inspirerende boodskap. 
Polyco se omgewingspesialis, mnr. Nkopodi Mphahlele, het ook die seremonie bygewoon en die belangrikheid van vennootskappe vir volhoubare toekomsprojekte beklemtoon.

Read more …AEL se “Klas van 2024” het 100% slaagsyfer

Jeaneigh Borghesi het uitstekend gevaar in Klerksdorp die naweek, tydens die Miss & Mr State Ambassador SA.
Tydens die kompetisie het deelnemer ook tieners in afgeleë skole gehelp met sanitêre en higiëne produkte en het ook die belangrikheid van ‘n skoolopvoeding beklemtoon.
Jeaneigh  palm die volgende titels in:
Age 10-11
Best Contestant Souvenir
Best Judges Souvenir

Read more …Jeaneigh blink uit by Miss & Mr State Ambassador SA

GEMSBOK-UPINGTON: Tydens 1978 het ‘n groep jong seuns, wat in die Carlton Van Heerden Hostel gebly het, ‘n sangroep, wat bekend was as die  Choir Messengers, gestig.
As jeugdiges het hulle amper elke Sondag by verskillende kerke opgetree en vakansie-tye het hulle funksies in dorpe regoor die Noord-Kaap gehad.
Hulle het ook sang-aande gehou om hulself finansieel te ondersteun
Die lede het van oral in die Noord-Kaap gekom  en selfs van Namibië die destydse Suidwes Afrika - waar hulle mekaar in die Carlton Van Heerden Hostel ontmoet het.
In 1979 het die groep ‘n gesogte mannekoor-beker in Die Aar  gewen.
Sefls nadat sommige van die lede weggegaan het, om verder te studeer en gaan werk het, het die groep voortbestaan.
Nadat almal hulle Hoërskool loopbaan voltooi het, het  die groep se bestaan voortgegaan en die fakkel verder laat brand - en het hulle nog ‘n kompetisie gewen.

Read more …CARLTON HOSTEL 1978 tot 1981 MANNEKOOR REüNIE

UPINGTON: "U innemende persoonlikheid en standvastige karakter kan steeds 'n groot bydrae lewer aan ons skoolgemeenskap en aan u gesin," het die voormalige skoolhoof van die Primêre Skool Rosendal, mnr. Deen Mouton hier aan gaste gesê tydens mev. Veronica van Wyk se afskeid uit die onderwys verlede Vrydagaand in die Desert Palace Casino. 
Mev. Van Wyk (63 jr) was vir 40 jaar in die onderwys waarvan sy vyf jaar as prinsipaal van Rosendal gedien het vanaf 2019 tot vanjaar. 
"Ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat ons Hemelse Vader vir my gegee het om as opvoeder my gemeenskap op hierdie wyse te kon dien", het sy gesê. 

Read more …Na 40 jaar groet juffrou Veronica die onderwys

KIMBERLEY, NOORD-KAAP – 23 Oktober 2024 het ‘n belangrike geleentheid gemerk vir ‘n groep toegewyde leerders van Kimberley, wat hul kwalifikasie in Kinder- en Jeugsorgwerk gevier het by die Horse Shoe Inn in Kimberley. 
Hierdie merkwaardige prestasie is die hoogtepunt van hul harde werk en deursettingsvermoë deur die Continuing Education for Africa (CEFA) program in samewerking met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Ten spyte van talle uitdagings, het hierdie individue van regoor die Noord-Kaap onwrikbare toewyding aan hul studies en persoonlike groei getoon. 
CEFA (Continuing Education for Africa), ‘n nie-winsgewende organisasie, het die platform voorsien vir hierdie leerders om noodsaaklike vaardighede en kennis in Kinder- en Jeugsorgwerk te verwerf.

Read more … Studente oorkom teëspoed om sukses te bereik in Kinder- en Jeugsorgwerk

More Articles …