GEMSBOK-UPINGTON: Gedurende die vakansie het Fearless Child ‘n program vir kinders aangebied om hul veiligheid te verseker.
Belanghebbendes van die SAPD, NPA, Dept Onderwys, Sosiale Ontwikkeling en lede van Fearless Child het verskillende programme kom aanbied. Die program is by die Divine Excellence Church in Paballelo aangebied.
Onderwerpe wat bespreek is, sluit in: Aanlyn veiligheid, fisiese veiligheid, voorkoming van misbruik en geestesgesondheid.
Die kinders het elke dag ontbyt, middagete en peuselhappies ontvang. Hulle het ook lekker sokker gespeel.